vertel vir my hier waar ons sit,
skaam
mekaar se vrees ontbloot.
flardes, flenters
gebruikte liefde, oud
en stukkend aan mekaar verkoop
as iets wat dit nie is nie,
nooit sal wees nie, nuut
en wit.
ongeskond.
ek en jy.
en ken jy die roep van die tarentaal
as die karoo son sak vir haar nag se dwaal
na die donker anderland.
en ken jy haar stem as sy weer
verlig, vlerke stukkend
terugkom,
na haar sterre dans?
— ken jy my?
© Liezel Graham 2020.
Foto deur Evie S.
Unsplash.


Unsplash.
Lovely poem. Liezel. Did you grow up being fully bilingual? I enjoy the feel and sound of Afrikaans poetry, though have not attempted writing it myself because of a limited vocab ‘in die taal’.
Blessings,
Patricia Holgate
LikeLiked by 1 person
Thank you so much, Patricia.
Yes, I grew up fully bilingual. My father was Afrikaans and I went to Afrikaans schools, but my mother grew up bilingual and I spoke English to her.
It must have been confusing to others who witnessed the communications in our home.
I have a deep love for Afrikaans.
LikeLike
verlange om outentiek te behoort
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Herb.
LikeLike
💓
LikeLiked by 1 person